Met die ontwikkeling van die Kalahari Gholf en Jag landgoed is besluit om ‘n gimnasium te open en Marius Nel is betrek om die nodige toerusting en kundigheid te verskaf. Marius Nel het ‘n Meestersgraad in Sportwetenskap by die Noord-Wes Universiteit verwerf. Hy was die sportwetenskaplike by die PUK Rugby Instituut, wat groot welslae behaal het. Hy het ook klas aangebied in hierdie veld by die Noord-Wes Universiteit. Marius het daarna in die privaat sektor begin inbeweeg en in 2006 na Kathu verhuis waar hy bedrywig is by die gholfklub as afrigter, dryfbaanbestuurder en winkeleienaar. Alhoewel die fasiliteit gebou word deur Sishen myn, huur Marius die fasiliteit en verskaf die toerusting en dienste. Die toerusting kom uit Amerika en is van hoogstaande gehalte. Die aerobiese afdeling bestaan uit oefenfietse, “treadmills”, roeimasjiene, “steppers” asook ‘n rondtebaan (circuit). Daar is ook ‘n area vir losgewigte, weerstandmasjiene, maag- en rugoefeninge en ‘n strek area. ‘n Saal vir aerobiese oefeninge, waar verskillende tipe klasse aangebied gaan word soos “aerobics”, tae-bo, kick boxing asook ‘n spinning studio gaan beskikbaar wees. ‘n Vyf en twintig meter verhitte swembad met vier bane is ook onder die dak van The Fitness Factory te vinde. Baie netjiese stort geriewe en ontspanningsarea is deel van hierdie fasiliteit. Marius Nel is hoogs gekwalifiseerd om persoonlike oefenprogramme uit te werk vir onder andere algemene gesondheid, gewigsverlies, krag en hipertrofie (spierbou), sport spesifieke fiksheid en kondisionering. Hy kan ook vet persentasie toetse neem en interpreteer en as persoonlike instrukteur optree. Basies alles waaraan jy kan dink gaan beskikbaar wees by The Fitness Factory. Daar word beoog om deure teen Februarie 2009 te open. Openingsure sal van 05:00 – 21:00 vir weeksdae wees en Saterdae 06:00 – 14:00. Verskeie pakkette is beskikbaar vir persone wat wil aansluit. Daar is ‘n 12 maande kontrak, 3 maande kontrak (R300/maand) en dagfooi (R50). Kostes om aan te sluit behels ‘n jaarlikse aansluitingsfooi van R180 en ‘n maandelikse aftrekorder van R200/maand vir privaat lede (12 maande kontrak). Kumba werkers geniet ‘n subsidie en kostes vir hulle sal ook ‘n R180 jaarlikse aansluitingsfooi behels en aftrek order van R120/maand (12 maande kontrak). Kinders onder 18 se maandelikse fooi is R80/maand. Gesinne van 4 of meer kan kwalifiseer vir ‘n spesiale pakket. ‘n Spesiale aanbod sal beskikbaar wees vir persone wat voor 20 Januarie 2009 aansluit. Kontrakte is beskikbaar vanaf 20 Desember by Marius Nel of by Sishen gholf klub. Vir verdere inligting kontak Marius Nel by 0824188155.












