Our Archives

Visitor Counter

  • 63427Total reads:
  • 463Reads today:
  • 115316Total visitors:
  • 115Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

Latest Comments

Mapanka Doring in United se Vlees

Speler van die wedstryd, Melvin Mapanka (losskakel) het 16 van sy span se punte aangeteken.

Speler van die wedstryd, Melvin Mapanka (losskakel) het 16 van sy span se punte aangeteken.

Sishen se eerste rugbyspan het Upington United op Saterdag 11 Julie 2009 in ‘n Griekwas Superliga kragmeting met 38-3  geklop op die Unievelde in Upington. Die besoekers het rustyd 12-3 voorgeloop.  Sishen se losskakel, Melvin Mapanka, was die groot doring in die tuisspan se vlees en die twee drieë wat hy vir Sishen gedruk het, onderstreep dit.  Mapanka het ook goed aangelê pale toe in die reënerige toestande waarin die wedstryd beslis is. Die wedstryd het min hoogtepunte opgelewer omdat beide spanne te veel foute agter die voordeel lyn begaan het. In die eerste helfte het die wenspan se agterspelers uitstekend beweeg danksy die goeie balbesit wat hul agttal gewen het.  Meeste van die drieë wat Sishen aangeteken het, was te danke aan uiters swak hanteerwerk en verdediging deur United. Sishen het egter die krane in die tweede helfte oopgedraai en vier keer agter die doellyn gaan kuier.  Puntemakers :  Sishen 38 (12)  Drieë : Godfrey Hendricks, Jan Struwig, Frans Blaauw, Poena Muller en Melvin Mapanka (2). Doelskoppe : Melvin Mapanka (3) en Jan Struwig.  Upington United 3 (3)  Strafdoel: Jaco Bezuidenhoudt.    Berig & Foto : Schuur

Comments are closed.