Departement Maatskaplike Ontwikkeling het as deel van Mandela Dag vieringe hul moue opgerol en die senior burgers van Rietfontein mooi uitgedos asook ‘n skenking gemaak aan die Sonstraaltjie Kleuterskool in Rietfontein. ‘n Suksesvolle program onder leiding van die Streekdirekteur, Advokaat Mervin October, die Hoof van Maatskaplike Dienste, Mev. Charmaine Vos, plaaslike politieke leiers, kerklei-ers, personeel van Departement Maatskaplike Dienste, Lid van die Nasionale Parlement Patricia Adams, Burgemeester van Mier SK Coetzee, Munisipale Bestuurder Ivan Van Wyk en vrywilligers van Rietfontein en Mier het tydens Mandela Dag vieringe in die Miergebied plaasge-vind. Die naweek is afgeskop met ‘n skoonmaak en verfprojek by die Sonstraal Kleuterskool asook die oorhandiging van speelgoedperdjies, mandjies en treintjies. Daarna was dit die beurt van die senior burgers van Rietfontein en Askham wat ‘n gedaanteverwisseling ondergaan het. Hulle hare is mooi gedollie, hare en baarde is geskeer en hulle het etes ontvang. Voorwaar was die gemeenskap, en veral die bejaardes, baie bly oor die aandag wat hul lewens verryk het en die wete dat hulle nie vergete is nie. GCIS Upington













