Our Archives

Visitor Counter

  • 57962Total reads:
  • 931Reads today:
  • 114028Total visitors:
  • 262Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

Latest Comments

Jy is Genooi!

Opgewonde begin ek my gastelys opstel, ek maak flink planne van hoe die tafels gaan lyk, wat ons gaan eet en ai, al daardie lekker tintelopgewonde regmaak vir ‘n groot do! Ons doen moeite met die kaartjies, die aflewering daarvan, die opvolg en vra of jy kom… en intussen wikkel ons soos miere om alles betyds reg te kry. Sommige antwoord nie eens op die uitnodiging nie, ander nooi self meer as waarvoor daar voorsiening gemaak is, maar dis lekker, en so breek die groot aand aan…Ek groet my gaste opgewonde en nooi hulle nader terwyl my hart in my keel klop…sal hulle die aand geniet? En dan met ‘n sinkende gevoel besef ek, dat van my gaste wat ja geantwoord het, laat is, of glad nie gaan opdaag nie!!!! Ek voel erg verleë teenoor my ander gaste, teenoor my spreker wat van ver kom en weet ek dat ek weer ingedoen is – deur mense wat vir my so belangrik was dat ek hul genooi het, mense wat ja geantwoord het! Mense wat min omgee oor wat ek vir vanaand spandeer het, wat so min respek vir my en hulself het, dat hul nie eens die moeite doen om te laat weet dat hul nie gaan kom nie…Ja, so maak ons met mekaar, so min gee ons om vir mekaar! – Cornie de Jager, eienaar El Dorado Hotel, Kuruman.

Comments are closed.