Our Archives

Visitor Counter

  • 57970Total reads:
  • 939Reads today:
  • 114028Total visitors:
  • 262Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

Latest Comments

Maak elke Dag van jou Lewe ‘n Mandela Dag

Staan steeds 67 minute van jou tyd  af om die wêreld te verander . . .

GCIS wil alle lesers en inwoners in die verspreidingsgebied van die Kathu Gazette bewus maak van Mandela Dag wat op Sondag 18 Julie 2010 gevier is. Van individue word steeds verwag om 67 minute van hul persoonlike tyd af te staan om iemand anders in ‘n minderbevoorregte posisie te help op verskillende maniere. Sewe en sestig maniere is beskikbaar om ‘n verskil te maak in die lewe van iemand wat dit nodig het. Van die maniere is as volg : Maak ‘n nuwe vriend. Lees vir iemand wie nie kan lees nie. Organiseer ‘n skoonmaakprojek in jou omgewing. Indien jy ‘n bouer is, help om ‘n projek gratis te bou en help om opknapping te doen by iemand wie dit nie kan bekostig. Borg ‘n groep minderbevoorregte kinders om ‘n uitstappie mee te maak . Laat toets jouself en jou vriend vir MIV/VIGS. Vat ‘n klomp speelgoed wat nie meer gebruik word na die plaaslike hospitaal of nasorgsentrum in jou area. Skenk jou ongebruikte rekenaar aan ‘n plaaslike skool. Verf jou plaaslike skool se mure en klaskamers. Skenk ou klere en komberse aan die wie dit nie kan bekostig nie. Maak jou koskaste leeg vir die minderbevoorregte straatkinders en individue. Gee om vir jou omgewing en gaan groen deur te herwin. Maak dus elke dag van jou lewe ‘n Mandela dag en sodoende bou ons almal ‘n beter nasie.  GCIS Upington

Comments are closed.