DEBEN: Op Sondag 18 Julie 2010 het lede van die Deben gemeenskap kragte saamgesnoer om Oud-President Nelson Mandela se wens van 67 minute vir gemeenskapdiens te bewaarheid. Die kinders het die area by die Deben begraafplaas en voor die gemeenskapsaal skoon-gemaak. Die kinders kon daarna hul vingerafdruk-kies plaas op die begraafplaasmuur wat spesiaal vir Mandela geverf is. Vroue van die gemeenskap het die huis van ‘n inwoner wie se fisiese en psigie-se omstandighede nie so goed is nie, skoonge-maak terwyl die mans die omgewing rondom die Nederduits Gereformeerde kerk skoongemaak het. Daar het ‘n gees van samesyn geheers en almal was dit eens dat hulle dit definitief weer sal doen.












