Our Archives

Visitor Counter

  • 57948Total reads:
  • 917Reads today:
  • 114028Total visitors:
  • 262Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

Latest Comments

Ontevredenheid Rondom Aansoek om Beskikbare Poste

Aan die Mynbestuurders – Khumani en Kumba Myn:

Hiermee wil ek graag my brief van ontevredenheid aan elkeen van u, sowel as enigeen in die publiek wat soos ek voel, rig. Ek is gebore in  Kaapstad maar woon al ‘n geruime tydjie in die Noord-Kaap. Ek het by Saldanha Staal die pos beklee van weegbrug-beampte en het my baie goed van my taak gekwyt. Ek het ‘n hele paar rekenaarkursusse gedoen en is ook aktesekretaresse. Vandat ek in die Noord-Kaap woon het ek my CV by ‘n hele paar besighede ingehandig, insluitende BDM en ook by Kumba myn, en op ‘n weeklikse basis by Khumani myn. Tot op datum het ek glad nie terugvoering van enige van die bogenoemde instansies ontvang nie. Ek voel diep teleurgesteld in die stelsel aangesien ek persoonlik van mening is dat my kwalifikasies regtig nie so sleg kan wees dat ek nie eers goed genoeg kan wees vir die laagste pos wat beskikbaar is nie! Daar is nie fout met my hande nie. Ek is selfs bereid om met ‘n graaf te werk as ek moet, maar daarvoor word ek nie eers ‘n kans gegun nie! Ons lewe in moeilike tye en mens se daaglikse lewenswyse is duur, so ek wil ook graag ‘n inkomste verdien sodat ek en my kinders bietjie makliker kan lewe. Dit lyk vir my asof my velkleur nie reg is nie. As ek my naam moet verander en politoer aan my gesig moet smeer om ‘n werk te kry, sal ek dit ook doen! Sê my net, en ek doen dit. Ek het begrip vir ‘affirmative action’ en het nie ‘n probleem daarmee nie – mits die aangestelde persoon wel die kwalifikasies het vir die pos waarin hy aangestel word (wat hulle meer as die helfte van die tyd nie het nie!) Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is definitief nie rassisties nie. Ek is baie lojaal en toegewyd, maar genoeg is genoeg! Ek daag u uit om my te kontak en vir my presies te sê hoekom ek nie goed genoeg is om aan u dinamiese span te behoort nie. – Elizabeth de Waal, 074 284 0915.

1 comment to Ontevredenheid Rondom Aansoek om Beskikbare Poste

  • Marina

    Ek ondervind dieselfde probleem!! Ek het vir 7 jaar in die myn bedryf gewerk. Ek het gewerk as sekretaresse vir ‘n mynbestuurder, by finansies, Enigneering, beplanning en HSEQ. Maar steeds word persone wat nog nooit in die myn bedryf gewerk het nie, meer geskik gevind vir poste by Khumani en Kumba. Gaan dit nie meer oor die mense wat jy ken en jou kan “help” om ‘n pos te kry as wat ondervinding tel nie? M.a.w: Jy het ‘n kennis is die binnekringe nodig om jou daar in te kry!! Ek is ‘n hardwerkende, lojale, gesonde Christelike persoon wat ook net graag wil werk om vir my kinders ‘n beter toekoms kan gee.