POSTMASBURG
deur Mimi Swart
Dit was ‘n hartseer dag toe vier lede van die Meintjies familie van Postdene op Postmasburg in ‘n botsing teen ‘n groot weermagvoertuig dood is. Mnr Henry en Mev Anna Meintjies, wat onderskeidelik onderwysers aan die primêre skole op Deben en Asmandia in Postdene was, was op pad terug na Postmasburg nadat hulle hul kleinkinders, Shanrick en Nikki, by die skool in Kuruman opgelaai het vir die naweek. Die ongeluk het ongeveer 20km buite Postmasburg gebeur. Die vader van die kinders is Ricardo. Volgens die dogter van Mnr en Mev Meintjies, Candice, bestaan die moontlikheid dat Mev Meintjies en Shanrick nog ‘n paar minute na die ongeluk kon gelewe het. Al vier is egter in die ongeluk oorlede. Die motor het volgens haar 15 meter ver gerol en in die veld gelê. Die oorledenes is op 24 Julie 2010 op Postmasburg begrawe. Pastore Mantz van die Anglikaanse Kerk en Connor van die Christen Gemeente in Postdene het die begrafnisdienste waargeneem. Volgens die woordvoerder word die ongeluk nog ondersoek. Innige meegevoel aan die families met die groot verliese wat oor hulle pad gekom het. Mag Hyself vertroosting bied.












