|
|
By News Room - Reporter 4, on September 2nd, 2010%
Eskom Expo vir jong wetenskaplikes het plaasgevind op Donderdag 19 Augustus 2010 in die skoolsaal van Hoërskool Postmasburg. Leerders van verskeie skole het die geleentheid gekry om hul talent op die gebied van Wetenskap ten toon te stel. Mnr Rammonye het as Kringbestuurder ook gaan inloer en met Renzmarè Nel, ‘n Graad 10 leerder . . . → Read More: Eskom hou Suksesvolle Wetenskap Expo
By News Room - Reporter 4, on September 2nd, 2010%
Die Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO het op 20 Augustus 2010 ‘n baie geslaagde operette, Die trein na Sewefontein deur Lourens en Sophie Faul, opgevoer. Die hoër, laerskool en voorskool het deelgeneem en elkeen het sy beste gelewer en baie talent getoon. Mevv Esther Spangenberg, Hester Stans, Tarina van der Rijst, Adri Kruger en . . . → Read More: Operette op Olifantshoek
By News Room - Reporter 4, on September 2nd, 2010%
Drie projekte wat deur Hoërskool Duineveld leerders op Upington by die jaarlikse Noord-Kaap Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes te Kathu ingeskryf is, is gekies om later vanjaar die Noord-Kaap by die Nasionale Expo te verteenwoordig. Die projekte is naamlik: “Bok se 2-in-1 Pypstoof” wat vir sy uitvinder, Charles Groenewald, ‘n silwer toekenning en die . . . → Read More: Veltie Projekte vir Nasionale Expo Gekies
By News Room - Reporter 4, on September 2nd, 2010%
Die jaarlikse Eskom Noordwes-Kaap Streeksekspo vir Jong Wetenskaplikes is op Donderdag 19 Augustus 2010, by Hoërskool Postmasburg aangebied. Dit was ‘n reuse sukses, met twaalf skole uit die streek wat deelgeneem het, naamlik Laerskool Hotazel, Laerskool Kathu, Laerskool Lime Acres, Laerskool Op die Voorpos (Upington), Laerskool Postmasburg, Hoërskool Daniëlskuil, Hoërskool Duineveld (Upington), Hoërskool Kathu, . . . → Read More: Eskom Noordwes-Kaap Streeks Expo vir Jong Wetenskaplikes
By News Room - Reporter 4, on September 2nd, 2010%
Die Graad 11 gasvryheidstudie leerders van Hoërskool Duineveld op Upington het onlangs ‘n praktiese eksamen afgelê. Hulle moes ‘n kinderpartytjie volgens ‘n tema reël. Die skeppende leerders het die heerlikste eetgoed voorgesit asook pragtige handgemaakte tafelversierings. Al hulle produkte is later te koop aangebied om fondse in te samel. Deur Megan Loots
Carien Oosthuizen, . . . → Read More: Duineveld Gasvryheidstudie Eksamen
By News Room - Reporter 4, on August 26th, 2010%
Heinrich Human (18) van Hoërskool Prieska en Elrieta Crous (16) van Hoërskool Upington is ingesluit in die junior Protea-ruiterkunsspan van vyf lede wat die eerste week in Desember internasionaal in Parys gaan deelneem. Dit is die eerste keer in jare dat Griekwas deur 2 spanlede in ‘n Protea-span verteenwoordig word.
Heinrich Human en Elrieta . . . → Read More: Leerders verteenwoordig Span in Parys
By News Room - Reporter 4, on August 26th, 2010%
Die volgende vier jong manne van Hoërskool Duineveld op Upington, Pieter le Roux, Abrie Visagie, Willem Steyn en Caro Uys, het almal silwer sertifikate ontvang vir hul inskrywings in die Bio-Science Olimpiade. Baie geluk aan hierdie leerders!
0 If you liked this article, please . . . → Read More: Duinevelders Blink Uit in Olimpiades
By News Room - Reporter 4, on August 26th, 2010%
UPINGTON Die volgende leerders van Hoërskool Duineveld het onlangs die Royal Schools of Music eksamen geslaag. Die uitslae is as volg: Marinda Jonker – Sang Graad 4 (meriete), Ryna Evert – Klavier Graad 6, Anet de Kock – Sang Graad 5 (meriete), Klavier Graad 6, Nadia Nazaré – Alt Blokfluit Graad 3 (meriete), Joana . . . → Read More: Veltie Musikante slaag Eksamen
By News Room - Reporter 4, on August 26th, 2010%
Bianca Karsten van Hoërskool Duineveld op Upington is in die Top 10 van die Afrikaans Senior Olimpiade opgeneem wat onlangs gehou is. Baie geluk Bianca!
0 If you liked this article, please . . . → Read More: Veltie gekies vir Olimpiade
By News Room - Reporter 4, on August 26th, 2010%
Hoërskool Kathu se Uitvoerende Komitee is hard aan die werk om die DBV se honde in nood te help. Die UK het ‘n kos-insamelingsprojek by die skool geloods om voorsiening te maak in die behoeftes wat tans by die DBV bestaan. Daar is al heelwat kos ingesamel, maar hul kan doen met nog ‘n . . . → Read More: Hoërskool Kathu wys sy goue hart
|
|